Steve laat dit ruk met sy optrede by Hoedjiesbaai se gewilde hotel

Die sanger Steve Hofmeyr het ’n draai by die Hoedjiesbaai-hotel gemaak vir nie net een nie, maar twee vertonings die afgelope Sondag (27 Oktober).


Die sanger Steve Hofmeyr het ’n draai by die Hoedjiesbaai-hotel gemaak vir nie net een nie, maar twee vertonings die afgelope Sondag (27 Oktober).

Dolfie de Bruin, die bestuurder van die hotel, vertel die kaartjies het só goed verkoop dat hy die besluit moes neem om nog ’n Hofmeyr-vertoning op dieselfde dag aan te bied. Mense het van heinde en ver gekom.

De Bruin sê al twee vertonings was uniek en van die boonste rakke. “Die gehoor was fantasties en Steve se energie op die verhoog, sy menswees en sy persoonlik­heid is pragtig,” sê De Bruin.

“Dit was soos mense sê – die Hoedjiesbaai-hotel het geskiedenis gemaak om een van die land se bekendste sangers te kry.”

De Bruin bedank graag sy personeel vir hul harde werk en bystand. Hy bedank ook André Truter, die burgemeester van Saldanhabaai, en sy vrou, Sheena, asook die Eigelaar-familie vir hul ondersteuning.

’n Groot dankie gaan ook aan Bekker-plaasprodukte in Vredenburg wat vir Hofmeyr ’n biltongkoek gegee het.

“En dankie aan Steve en sy bestuur vir die ongelooflike ondersteuning en vertroue wat hulle in my getoon het om saam met my te werk. Dankie aan die hele Weskus-gemeenskap wat ons ondersteun.”

You need to be Logged In to leave a comment.