Die Weskus-sakekamer hou Vrydag 30 Augustus sy maandelikse netwerkgeleentheid.
Die semiformele geleentheid word by die SAS Saldanha-basis gehou met prof. Lindy Heinecken en dr. Lynette Rossouw wat as gassprekers optree.
Die twee sal oor vroue in besigheid praat.
Weslander het onlangs berig, Heinecken, van die Universiteit Stellenbosch se departement van sosiologie en sosiale antropologie, het ’n toekenning van R150 000 toegestaan om verskillende vaardighede en talent onder jongmense in Diazville te ontwikkel.
Dit sluit ondernemingsvermoë, loopbaangerigtheid, onderwys, opleiding en ander ontwikkelings-behoeftes in.
Die werk is met die hulp van die plaaslike tak van die departement van maatskaplike ontwikkeling behartig. Rossouw is daar aan die stuur. Die geleentheid, wat 18:00 vir 18:30 begin, kos R200 vir lede van die Sakekamer en R250 vir nie-lede. Belangstellendes moet voor Woensdag 21 Augustus bespreek deur e-pos te stuur na info@weskussakekamer.co.za.