Swart Vrydag is hier, Kersfees is volgende en binnekort word mense se bonusse betaal.
Die meeste kopers wil met ’n ekstra paar rand solank die virtuele winkels invaar, maar pasop – niemand is só opgewonde oor jou bonus as sommige skelms wat dié geld vir hulself wil hê nie.
Baie winkels hou deesdae van hul beste winskopies vir hul virtuele winkels, maar wees op jou hoede met aanlyn inkopies:. Maak seker jy koop/bestel van regte ondernemings. Kyk mooi na die spelling en logo’s van winkels. Moenie sommer ’n skakel in ’n e-pos of op sosiale media volg nie. Besoek liewer die onderneming se webblad en probeer die winskopie daar opspoor. Skakels kan jou maklik na ’n valse, dog oortuigende, webblad lei. . Aanlyn betalings kan ook ’n slaggat wees. Dinge soos vakansieverblyf word veral aanlyn gedoen, maar maak seker jou bankbesonderhede word in ’n veilige webblad gelaai. Die webblad moet met die letters “https” (“s” staan vir secure) begin en ’n prentjie van ’n ’n toe slotjie moet in die adresbalk van die webblad verskyn.. Een manier om skelmstreke met aanlyn kopies te beperk, is om een spesifieke kredietkaart te gebruik om daarvoor te betaal. Hou die kaart se limiet binne perke en maak seker dat jy nooit jou debietkaart gebruik nie.
. Dink twee keer oor winskopies op sosiale media. Dit is maklik om ’n vals Facebook-blad op te stel. Besoek eers die webblad of bel iemand voordat jy ’n bespreking/kopie via sosiale media doen. Doen ’n behoorlike internet-soektog en lees eers ’n paar resensies oor die diens of produk. Ek het menige onsmaaklike ervaring vermy deur eers ’n paar Hello Peter-resensies te lees.
. Hou jou rekenaar en foon veilig deur by webblaaie uit te teken wanneer jy klaar gekoop het. Om net die toepassing (app) toe te maak, kan beteken jy is nog ingeteken. Kry iemand dus jou toestelle in die hande, kan hulle net verder inkopies met jou bankbesonderhede doen.