Sportsterre mik net al hoe hoër

Die sportsterre van Hoërskool Dirkie Uys was die skoolvakansie baie doenig.


Die sportsterre van Hoërskool Dirkie Uys was die skoolvakansie baie doenig.

Die o.19 A-rugbyspan het aan die Tony Stoops-rugbytoernooi in Brackenfell deelgeneem. Dáár het die span teen Hoërskool Paulus Joubert en Hoërskool Bergvliet gewen, maar teen Hoërskool Monumentpark verloor.

By Hoërskool Bellville se sportdag het die span Hoërskool Fairmont gewen.

Die meisies van die o.19 A- en o.16 A-netbalspan het op hul beurt aan ’n afrigtingskursus en toernooi in Sun City, wat deur die Protea-netbalspelers aangebied is, deelgeneem.

Dié groep het ook onlangs aan die HS Bellville-sportdag deelgeneem. Die o.19-span het sy wedstryde teen HS Strand, JG Meiring, Fairmont en Bredasdorp gewen, terwyl die o.16’s HS Strand, Hermanus, Melkbosstrand en Bredasdorp geklop het.

Die seuns- en meisieshokkiespanne was net so besig en was na Ceres om aan ’n afrigtingskliniek en toernooi deel te neem. By Hoërskool Bellville se sportdag het die seuns met HS Eben Dongës afgereken en die meisies het Monumentpark geklop en gelykop teen HS Vishoek gespeel.

You need to be Logged In to leave a comment.