Sportiewe laerskoolleerders vereer

Sportsterre in die Weskus is onlangs deur die Saldanhabaai-laerskolesport-vereniging vereer.


Sportsterre in die Weskus is onlangs deur die Saldanhabaai-laerskolesport-vereniging vereer.

Hierdie spoggeleentheid het op Dinsdag 5 November by die White City- veeldoelige sentrum plaasgevind.

By dié geleentheid is leerders van sowat 23 skole in hul onderskeie sportsoorte vereer.

Sertifikate is ook aan onderwysers, wat die ekstra moeite gedurende die jaar gedoen het om die kinders met hul sport te help, oorhandig.

Uitsonderlike toekennings is ook gegee aan Elgan de Wet van die Hoërskool Hopefield as sportman van die jaar en Angell Pholman van Langebaan Primêr as sportvrou van die jaar.

Die gasspreker vir die aand was Ivan Dwashu, ’n onderwyser en sportorganiseerder by die Hoërskool Diazville, wat die leerders bemoedig het en wysheid gedeel het.

O’Neil de Koker, die voorsitter van Saldanha-laerskolesport, het gesê dis die leerders se harde werk, toewyding en passie wat hulle gebring het tot waar hulle vandag is.

“Of jy ’n kampioenskap gewen het, ongelooflike verbetering getoon het, of bloot jou beste poging gelewer het – julle het almal bewys wat dit beteken om ’n ware atleet te wees,” het hy gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.