Vredenburg het Saterdag op die grafkelder die tuisspan in nat en winderige toestande met 17-10 geklop en sy tweede plek op die punteleer verstewig.
Die Burg Boys, wat rustyd 6-7 agter was, het egter hul kanse in die tweede helfte beter gebruik. Die wedstryd kon egter weens die modderige toestande nooit regtig vlamvat nie, maar albei spanne het steeds moedig probeer.
Die besoekers, wat eerste op die telbord was met ’n strafskop en die wind van agter, is egter daarna in hul eie gebied vasgepen.
Die tuisspan het daarna die gebiedsvoordeel in punte omgeskep toe die besoekers die een ná die ander strafskop afgestaan het. Young Hearts, wat die nat bal goed beheer het, het daarna vir sewe punte oorgeval vir hul enigste drie.
Vredenburg, wat in die vaste skrums gesukkel het, het ook die meeste balbesit en gebiedsvoordeel in die wedstryd geniet, maar die tuisspan se rotsvaste verdediging het die besoekers egter op die agtervoet gehou.
Vredenburg het in die tweede helfte weer die voortou geneem met sy derde strafskop nadat die besoekers vir 15 minute in die tuisspan se gebied kamp opgeslaan het. Die tuisspan, wat ten spyte van die speeltoestande die meeste van die verdediging moes doen, se dissipline het egter die uitkoms van die wedstryd bepaal.
Die tuisspan het min van die bal in die tweede helfte gesien en die kere wat hulle wel die bal gehad het, kon dit nie ten volle benut word nie. Hoewel die toestande dit moeilik vir albei spanne gemaak het, het die besoekers dit beter benut. In die wipplankstryd wat tot die einde enige kant toe kon swaai, het Vredenburg kalm gebly en die druk beter as die tuisspan verwerk.. Die troepe van die grafkelder reis die naweek na die Agterbaai om Steenberg’s Cove te pak, wat ook teen St. Helenabaai vasgeval het. St. Helenabaai, wat twee wedstryde minder as die voorlopers gespeel het, reis die naweek na Piketberg. Saldanha, wat sy eerste plek behou het nadat hy die oud-Boland-kampioen Velddrif in ’n wegwedstryd geklop het, sal die naweek Paternoster – tans derde – in ’n tuiswedstryd pak.
Vredenburg sal die naweek op sy tuisveld wil voortbou wanneer hy Velddrif onthaal. Langebaan reis na Mamre nadat Mamre Hopefield in ’n wegwedstryd 24-16 geklop het.
Boland-uitslae . Weskus
Velddrif 22-29 Saldanha, Hopefield 16-24 Mamre, Langebaan 38-11 Piketberg, Young Hearts 10-17 Vredenburg, St. Helena 20-6 Steenberg’s Cove. Swartland
Moorreesburg 22-29 Wesbank, Villagers Wittewater 3-44 Darling, Porterville 39-21 Young Eagles.