Die jaarlikse Classic-rolbaltoernooi is die afgelope naweek (Vrydag 3 tot Sondag 5 Oktober) op die rolbalbaan van die Lagoon-rolbalklub aangebied, met Suzuki Vredenburg as die hoofborg.
Twaalf spanne van Langebaan,
Velddrif, Yzerfontein, die Langebaan-
gholflandgoed, Langebaanweg en Durbanville sowel as Old Oak uit die Kaap het op ‘n rondomtalie-grondslag meegeding. Elke span het dus 11 rondes van 12 skofte elk gespeel.
Volgens Etienne Schut, die president van die Lagoon-rolbalklub, het die weer saamgespeel, maar die uithouvermoë van die spanne die hele tyd beproef. “Daar was sterk opposisie en spel van hoog-
staande gehalte is gesien en ervaar.”
Met die laaste ronde was Izak Venter
en sy Lagoon-presidentspan gelyk met punte met Johan Snyman (Langebaan-gholflandgoed) in die eerste plek. Johan het egter twee skote meer gehad en vir eers voorgeloop.
Die presidentspan het teen die span van Tommy Snyman (Durbanville) gespeel terwyl Johan teen die gedugte Pam Beer (Yzerfontein) en haar span gespeel het.
Dit was ‘n naelkoustryd tot op die einde.
Die Presidentspan het hul bes gedoen en was van ‘n tweede plek verseker nadat spel voltooi is.
Yzerfontein het Durbanville egter
geklop en daardeur verseker dat die Presidentspan eerste eindig.
Die toernooi was uiters suksesvol en die klublede het hul beste voetjie voorgesit met die manne wat die bane voorberei en die vroue wat heerlike etes vir ontbyt, tee, middagete en aandete voorgesit het.
Die klub is die hoofborg Suzuki Vredenburg groot dank verskuldig.
Die klublede sien uit na volgende jaar se Classic, wat op die eerste naweek van Oktober 2026 plaasvind.


