Die afrigter Robbie Louw en gimnas Ankia van Zyl besig met ’n akrobatiese balans- element.


Begin die nuwe jaar met ’n nuwe uitdaging en stokperdjie deur by die Langebaan Stars-gimnastiek- en dansklub aan te sluit.

Madeleine van der Merwe, die stigter van die klub, meen dit is belangrik vir veral kinders en jongmense om ’n sport te beoefen. Sy meen sport bied nie net die geleentheid om fisiek aktief te wees nie, maar ook om ander lewensvaardighede aan te leer.

Die Langebaan Stars pronk met verskeie prestasies oor die afgelope 18 jaar van die klub se bestaan en het al talle provinsiale en nasionale kampioene opgelewer.

Madeleine verduidelik die klub volg streng die Suid-Afrikaanse Gimnastiekfederasie se protokol, nou genoem Gymnastics South Africa. Hulle is ook die enigste geregistreerde klub vir gimnastiek in Langebaan en mag dus aan alle distrik-, provinsiale en nasionale kompetisies vir 2024 deelneem.

Klublede oefen Dinsdae en Donderdae in die Langebaan-stadsaal vir almal vyf jaar en ouer.

Vir meer inligting en om by die klub aan te sluit, kontak Madeleine by 082 811 8118, op Facebook of stuur e-pos na langebaanstars@gmail.com

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 10 July 2025
    Weslander E-Edition – 10 July 2025