Die warmer weer is op pad, trou-seisoen kom nou vinnig op dreef en die bruidskompetisie-inskrywings begin instroom.
Die 2016-’17Weslander en Weskus Mall Bruid van die Jaar-kompetisie het reeds afgeskop. ’n Paar pasgetroudes het al hul inskrywings aangestuur, maar bruide wat in September getroud is, het tot Donderdag 27 Oktober om in te skryf.
Vanjaar se bruidwenner, Yvette Gillespie, is vandeesmaand by ’n gala-geleentheid by die Weskus Mall gekroon.
Die bruidwenners het vierster-verblyf by die V&A Waterfront in Kaapstad, verskeie romantiese uitstappies, geskenkbewyse en mooimaak-produkte gewen.
Volgende jaar se pryse beloof om nog beter en meer spoggerig te wees.
’n Onafhanklike paneel beoordelaars kies maandeliks die Weskus se mooiste bruid uit die maandinskrywings. Die beoordelaars neem die bruid se persoonlikheid asook haar rok in ag.
Die 12 maandwenners sal volgende jaar op die loopplank meeding wanneer die bruid van die jaar aangewys word.
Die kompetisie is oop vir alle bruide ouer as 18 jaar wat in tydperk September 2016 tot Augustus 2017 trou.
Die bruid moet in Weslander se verspreidingsgebied woon óf tot haar troudag in die gebied gewoon het.
Inskrywings kos R250 en moet vergesel word van ’n kop-en-skouer- én ’n vollengtefoto. Bel Yaël Malgas of Madelie Tolken by 022 713 1251 vir navrae.