Alida Buckle
Verskeie oortreders het Maandag 31 Maart in die Vredenburg-landdroshof verskyn op aanklagte wat met vuurwapens verband hou.
Die 33-jarige Yonela Sphelimandla is die naweek in hegtenis geneem weens die beweerde moord op haar 30-jarige kêrel, Akhona Moni. Hy is glo Son-
dagoggend baie vroeg, net ná drie-uur die oggend, vermoor. Sy het in die hof verskyn op aanklag van moord.
Nadat mense die naweek glo deur drie gewapende mans beroof is, is ‘n 36-jarige verdagte in Vredenburg in hegtenis geneem. ‘n Nagemaakte vuur-
wapen is in sy besit gekry.
Nadat ‘n 43-jarige man van White City, Saldanha, die afgelope Saterdag (29 Maart) omstreeks 22:30 skote in die lug afgevuur het, is hy in hegtenis geneem, maar nie voordat hy eers probeer het om vir die polisie weg te hardloop nie.
Hy is egter vasgetrek weens die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie en verskyn op 25 April in die hof.



