Meguel Ocks (15), die Vredenburg-skopboksklub se Suid-Afrikaanse kampioen, het Vrydag (11 Julie) aan die Namibiese “Desert Storm 6”- internasionale kampioenskap in die Jan Wilken- binnenshuise sportkompleks in Walvisbaai, Namibië, deelgeneem.
Hy het die Weskus en Suid-Afrika se naam met trots hoog gehou deur twee goue medaljes te verwerf.
Die geleentheid het skopbokskompetisies in meer as 150 afdelings ingesluit, met skopboksers van agt lande wat deelgeneem het.
Weskus-skopboks het Ocks op sy Facebook-blad vir sy medaljes en sy toewyding, dissipline en vaardigheid wat bly inspireer, geprys – “ ’n Welverdiende oorwinning!”
Die Ocks-familie bedank veral shihan Hendrik Pine Pienaar, die Wes-Kaapse president van skopboks, en sensei Teresa Pienaar, die president van Weskus-skopboks, vir hul ondersteuning en hul uithou- en deursettingsvermoë.





