Die leerders aan die Steenberg’s Cove Primêr is onlangs vereer vir hul goeie akademiese, sport- en kultuurprestasies.
Benewens vir die toppresteerders is 2020 se leerlingraad ook aangekondig. Die nuwe raad vir volgende jaar is: Ashanti Choolan, Corshad Cloete, Chrisnay Louw, Stefwin Stevens, Devanese Onverwach, Finenhio Adams, Nazli Williams, Dino Peterson, Clint Afrika en Chané Bester.
Die gr. R-leerders het onlangs gegradueer en sal volgende jaar deel van die “groot skool” uitmaak.