Skolesport en kompetisies vir nou eers op ys

Daar is nog onsekerheid in die Weskus oor die kleuresport en interskole weens die Covid-19-pandemie en die laat opening van skole.


Daar is nog onsekerheid in die Weskus oor die kleuresport en interskole weens die Covid-19-pandemie en die laat opening van skole.

Vir die afgelope 12 jaar bied Weslander die Let’s Play-kompetisie in samewerking met SuperSport aan. Die Let’s Pay-kompetisie fokus daarop om sportsterre op skoolvlak, wat in sport uitblink, vir hul harde werk te vereer.

Volgens Eduard Rosenstrauch van SuperSport is daar nog nie duidelike planne vir die Let’s Play-kompetisie nie.

“Covid wen nog. Hopelik kan die skolesport eersdaags begin en dan kan ons weer voluit wegspring met dié wonderlike projek,” vertel Rosenstrauch.

You need to be Logged In to leave a comment.