Skolekrieket in die streek is vuurwarm.

Hoërskool Vredenburg (HSV) se eerste krieketspan het verlede Saterdag Hoërskool Labori tuis gepak.

CJ Jordaan, HSV-kaptein, het sy spelers van voor gelei danksy sy puik 100-tal voor die paaltjies.

Die tuisspan het die besoekers uiteindelik met 73 lopies geklop nadat Vredenburg 216 almal uit was.

VHS se beste kolwer was natuurlik CJ, terwyl Tristan van Zyl die topbouler was met vier paaltjies.

Topolino Privaatskool is op sy beurt trots op sy o.13-spelers wat onlangs in die Wes-Bolandspan opgeneem is. Joshua Paddock en Ando Goosen is dié skool se krieketuitblinkers.

You need to be Logged In to leave a comment.