Skokgranaat na huis in Louwville gegooi

Die Vredenburg-polisie ondersoek ’n klag van poging tot moord nadat drie mans kort voor middernag op 30 Oktober ’n skokgranaat na ’n huis in Duifstraat, Louwville gegooi het.


Die Vredenburg-polisie ondersoek ’n klag van poging tot moord nadat drie mans kort voor middernag op 30 Oktober ’n skokgranaat na ’n huis in Duifstraat, Louwville gegooi het.

Die Weskus-polisie se woordvoerder, kapt. Tania Helfrich sê volgens die 34-jarige klaer, wat Woensdag verjaar het, was hy ongeveer 23:45 buite sy huis in sy erf toe hy drie mans in die straat sien aankom. Hy het opgemerk dat een van die mans ’n voorwerp uit sy sak haal en dit oor sy muur gooi. Die klaer het weggetree en die volgende oomblik het die skokgranaat ontplof waarop die mans weggehardloop het. Die klaer is nie in die voorval beseer nie. Die polisie se bomopruimingseenheid was ook op die toneel.

You need to be Logged In to leave a comment.