Skilder met woorde by Afrikaans.com

Skilder-met-woorde-kompetisie: ’n Lekker geleentheid vir kunstige en kreatiewe skoolleerders om te wen.


Skilder-met-woorde-kompetisie: ’n Lekker geleentheid vir kunstige en kreatiewe skoolleerders om te wen.

Neem deel aan Afrikaans.com se skilder-met-woorde-kompetisie en geniet die kans om ’n paar rand in die sak te steek.

Nuwe lewe word met hierdie kompetisie in Anton Goosen se bekendste liedjies geblaas deur skoolleerders van graad 1 tot 12 uit te daag om self van sy liedjies te skilder.

Gaan lees meer oor die kompetisie op die Afrikaans.com-webtuiste met ’n lys van die liedjies waaruit gekies kan word. Jy het van nou tot 31 Januarie 2021 om deel te neem.

Geldpryse ter waarde van R22 000 is op die spel. Gaan lees meer hier: https://afrikaans.com/2020/10/06/kom-skilder-met-woorde-en-wen/ en kry daardie esel en verfkwaste reg.

Die eerste prys beloop R2 000 en die wenner se skool stap weg met R10 000.

Hoeveel vloekwoorde ken jy?

Vloek.co.za is besig met ’n navorsingsprojek om vas te stel wat die prototipiese vloekwoorde en taboe-uitdrukkings in Afrikaans is.

Gaan neem gerus deel deur die vraelys in te vul en geniet ’n kans om R1 000 te wen.

Hier is die skakel: https://afrikaans.com/2020/10/03/hoeveel-vloekwoorde-ken-jy/

En terwyl jy op die webtuiste is, lees sommer ook die blog oor vloek: https://afrikaans.com/2020/10/09/n-regstreekse-gevloekery-wanneer-woorde-te-sterk-is-vir-tv/

You need to be Logged In to leave a comment.