Maak Marinda Engelbrecht van Marinda Kook se heerlike skelvis-pastei:

Bestanddele

1,2 kg skelvis (haddock)

6 swartpeperkorrels

750 ml melk

Kaassous

125 ml botter

125 ml koekmeel

750 ml melk (Gebruik die melk waarin jy die vis gekook het. As dit te min is, vul dit aan.)

250 ml gerasperde kaas

2,5 ml mostertpoeier

sout en peper

Kapokaartappels

5 groot aartappels, gekook

125 ml warm melk

90 ml botter

sout en peper

rooipeper, opsioneel om

bo-oor te strooi

Metode

Kook die vis in die melk met die peperkorrels totdat dit gaar is. Haal dit uit die melk (hou die melk vir kaassous) en vlok die vis.

Gooi die peperkorrels weg.

Kaassous

Smelt die botter in ‘n potjie.

Roer die meel met ‘n draadklitser by.

Gooi die melk (wat eenkant gehou is) by en roer met die draadklitser totdat dit glad is.

Laat dit prut vir vyf minute.

Proe en gooi sout en peper na smaak by.

Roer die kaas by.

Pastei

Roer die gevlokte vis by en skep in ‘n oondbak.

Maak die kapokaartappels deur die botter en warm melk by die warm aartappels in te roer. Druk lekker fyn met ‘n fyndrukker.

Gooi sout en peper na smaak by. Skep oor die vis in die oondbak en sprinkel rooipeper oor – as jy van ‘n bietjie brand hou.

Bak vir 30 minute by 180 grade Celsius.

•Weslander nooi graag ons lesers om hul gunsteling- resepte, wat al die toets van tyd deurstaan het, saam met ‘n foto van die dis vir moontlike publikasie in te stuur na weslander@novusmedia.co.za

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 10 July 2025
    Weslander E-Edition – 10 July 2025