Skaapkop saam met patats en spinasie

Enige kenner sal saamstem dat die sagste, geurigste vleis van ‘n skaapkop aan die wang sit . . . en met sjef Charlene Davids se geheime braaisousie met mosterd is dié uitsoekhappie, wat nou ook vir die publiek beskore is, heerlik én sappig.

Langebaan Country Estate is al geruime tyd die Weskus-skaapkopgilde se maandelikse bymekaarkomplek, maar nou is dié tradisionele dis vir enigeen beskikbaar.

Geniet daarmee saam outydse soetpatat en romerige spinasie en diegene wat nog kan onthou, sal terug wees op ’n plaas êrens in Suid-Afrika.

Die restaurant se asem­rowen-de uitsig met die son wat oor die Saldanhabaai sak, kan van enige uiteet-geleentheid ‘n romantiese affêre maak.

En as die ander lede van die geselskap nie genoeg hare op die tande het vir skaapkop nie, is daar murgsagte kerrie-afval. Anders kan “doodveilige” maar ook smullekker hoender-, vis- en vleisgeregte van die spyskaart af bestel word.

Vriendelike en flink kelners soos Natalie Mitchells sorg vir ‘n professionele ervaring wat ’n mens warm om die hart laat.

Sluit die aand af met smelt-in-die-mond toffiepoeding saam met romerige vanielje roomys en beter aan die Weskus kry jy nie sommer nie.

You need to be Logged In to leave a comment.