Meer as 14 000 boeke van ’n enorme verskeidenheid wag vir lesers by Eseltjiesrus se jaarlikse Boekefees.
Hierdie buitengewone verkoping vind van Donderdag 16 Junie tot Saterdag 18 Junie in die ruim NG kerk Robertson-Oos se kerksaal in van Zylstraat plaas.
Die inkomste van elke boek wat verkoop word, is ten bate van die versorging en rehabilitasie van ou en mishandelde donkies wat uit haglike omstandighede verwyder is en by Eseltjiesrus Donkey Sanctuary by McGregor ’n veilige tuiste vind.
As lesers nou na kookboeke, kinderboeke, skaars boeke, reisverhale of fiksie soek – dis alles hier van Langenhoven se versamelde werke tot by ’n groot keuse van Boere-oorlog, tuinbou, geskiedenis en politieke boeke. Al die boeke is óf splinternuut óf kraakvars tweedehands. Nuwe voorraad word elke dag uitgepak.Wen ’n geskenkbewys!
SMS bloot die woorde reading joy, TESAME MET JOU NAAM EN VAN na 33673 (R1,50 per SMS) voor Maandag 6 Junie om 12:00.V Die donkies by Eseltjiesrus naby McGregor verwelkom besoekers van Donderdae tot Sondae van 10:00 tot 16:00.
Skakel gerus 023 625 1593 met enige navrae.