Die dood van die 16-jarige Emile Sila het die gemeenskap van Diazville en Middelpos geruk.
Die verdagte in die moordsaak, Sakhiwo Mpayipeli (23), het Maandag (20 Oktober) in die Vredenburg-landdroshof verskyn nadat hy Sila Sondag (19 Oktober) omstreeks 02:30 na bewering met ‘n mes doodgesteek het.
Sila was ‘n gr. 9-leerder aan die Hoërskool Diazville.
Die skool het op sy Facebook-blad gedeel dit is met diepe hartseer dat hulle die nuus van sy dood moet deel.
“Ons harte is swaar terwyl ons treur oor die verlies van ‘n jong lewe wat te vroeg weggeneem is. Ons betuig ons innige meegevoel aan die leerder se familie, vriende en klasmaats. Mag julle vertroosting vind in die liefde en ondersteuning van diegene rondom julle en mag Emile se nagedagtenis in ons harte voortleef.”


