September-bruid gekies

Weslander en Weskus Mall se eerste bruid in die Bruid van die jaar-kompetisie 2016/-17 is Lize-Mari Rhoode.


Weslander en Weskus Mall se eerste bruid in die Bruid van die jaar-kompetisie 2016/-17 is Lize-Mari Rhoode.

Die Weskus se mooiste September-bruide het ingeskryf vir die vyfde bruidkompetisie.

Die jaarliks kompetisie is die grootste bruidsgeleentheid in die streek en inskrywings stroom weer in.

Lize-Mari het verlede maand met Clyde Rhoode by Eengezind, Klipheuwel in die huwelik getree.

Lize-Mari is van Dwarskersbos se wêreld.

Daar is weer fantastiese pryse te wen soos ’n romantiese wegbreek vir ’n tweede wittebrood, kontantpryse, geskenkpakke en nog veel meer.

Die kompetisie is oop vir bruide bo 18 jaar wat tussen September 2016 tot Augustus 2017 trou. Bruide skryf in die maand nadat hulle getrou het.

Die wenner sal die week na die inskrywings sluit aangekondig word.

Weslander het vanjaar weer ’n groep bekwame beoordelaars gekry om maandeliks elke maand se wenbruid aan te kondig. Die beoordelaars is onafhanklik en se besluit is finaal. Die bruid moet in die koerant se verspreidingsgebied woon of die bruid moes tot en met haar troudag in die gebied gewoon het.

Oktober-bruide kan nou begin nader staan en hul inskrywings instuur. Bruide wat in Oktober getrou het, het kans tot Vrydag 25 November om in te skryf.

Vanjaar se inskrywings moet weereens vergesel word van ’n kop-en-skouer- én ’n vollengte­foto.

Skakel Yaël Malgas of Madelie Tolken by 022 713 1251 vir inskrywingsvorms of met navrae.

Hier is van die September-bruide wat ingeskryf het:

You need to be Logged In to leave a comment.