Sementhouers verleen nuwe fleur aan enige tuin

Om ’n houer uit sement te maak kort jy nie veel meer as twee ou bakke (een moet in die ander een pas), sement, teenkleefmiddel (non-stick cooking spray) en ’n klomp kreatiwiteit nie.


Om ’n houer uit sement te maak kort jy nie veel meer as twee ou bakke (een moet in die ander een pas), sement, teenkleefmiddel (non-stick cooking spray) en ’n klomp kreatiwiteit nie.

Michelle Hinckley verduidelik op haar gewilde blog, Remodelaholic.com, hoe maklik dit is.

Maak seker dat jy ’n sementmengsel koop en nie ’n betonmengsel nie. Hoe styf of hoe slap die mengsel aangemaak word, bepaal hoe glad of grof die tekstuur van die eindproduk gaan wees. Hoe slapper, hoe gladder die tekstuur, maar hoe langer neem dit ook om droog te word.

Meng alles in ’n groot emmer.

Spuit die groot houer met teenkleefmiddel. Vul dit halfvol sement, stamp dit ’n paar keer om die lugborrels uit te kry en plaas die kleiner houer, wat ook met teenkleefmiddel bespuit is, binne-in.

Laat droog word.

Eksperimenteer met die digtheid en voeg kleursel by.

As jy van die rowwe sementhouer hou, maar nie die geduld het om dit self te maak nie, gaan kyk na die wye verskeidenheid plant- en tuinhouers by Van Dyk Stene in Esperiastraat, Vredenburg.

You need to be Logged In to leave a comment.