Ernes Tuner, Koenie van Zyl, Koos Steyn en Reaan van Zyl, die organiseerder van die Sandveld-gholfdag.

Die Sandveld-gholfdag het onlangs by die Jackals Creek (Xamarin-gholfklub) in Lamberbertsbaai plaasgevind.

Altesaam 25 spanne het deelgeneem. Volgens Reaan van Zyl, die organiseerder van die golfdag op Saterdag 13 September, was die doel om boere en verskaffers saam te bring om geld vir behoeftige instansies in te samel.

“Die dag was uiters suksesvol en almal het met baie lof oor die dag gepraat. Ons het met ‘n ontbyt begin om die dag af te slaan, waarna ons 18 gate gespeel het. By elke gat was daar iets te drink en te eet. Die aand is twee skape van 37 kg elk op die spit gebraai en die sanger JJ van die Weskus het ons met musiek vermaak.

Almal het later die aand lekker gedans. Net die eerste vier spanne het pryse gekry.”

Altesaam R220 000 is ingesamel, waarvan R120 000 geskenk gaan word, met die dag se uitgawes van R100 000.

“Ons beweeg deur die gebied en vanjaar is dit die Redelinghuys-Piketberg-omgewing. Ons gaan kospakkies by Redelinghuys uitdeel en geld aan ‘n kankervereniging, ‘n ouetehuis in Piketberg en Huis van Heerden in Moorreesburg skenk.”

Rens Smit, Machno de Roubaix, Dian Botha en Theunis “Tokkelos” Theunis Coetzee.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 13 November 2025
    Weslander E-Edition – 13 November 2025