Heinrich Mettler (munisipale bestuurder van die Saldanhabaai-munisipaliteit) en André Truter (burgemeester van die Saldanhabaai-munisipali- teit) met die gesogte eerbewys.

Verskeie Wes-Kaapse munisipaliteite is onlangs by die nasionale goeie bestuurstoekennings, wat as deel van die plaaslike regering indaba by Gallagher Estate in Johannesburg gehou is, vir uitnemendheid erken.

Die Weskus-distriksmunisipaliteit (WKDM) het die prys vir die bes bestuurde munisipaliteit ontvang ná 14 opeenvolgende skoon oudits en ‘n 100%-rekord vir kapitaalprojekbesteding.

Boffie Strydom, die burgemeester van die WKDM, het die erkenning verwelkom en die belangrikheid van samewerking tussen politieke en administratiewe leierskap beklemtoon.

“As burgemeester verstaan ​​ek die

belangrike rol wat ek saam met die raad vervul om ‘n werksomgewing te skep waar ons uitvoerende bestuur kan innoveer, administratiewe prosesse kan versterk en met integriteit kan lei.

‘n Skoon oudit is ‘n beduidende bevestiging van die munisipaliteit se verbintenis tot gesonde finansiële bestuur, deursigtigheid en goeie regering,” sê Strydom.

Anton Bredell, die Wes-Kaapse minister van plaalike regering, sê die belangrikheid van goeie finansiële bestuur in ‘n munisipaliteit kan nie oorskat word nie.

“Finansiële bestuur is die fondament waarop alle ander aspekte van plaaslike regering gebou word. ‘n Skoon oudit beteken . . .  die munisipaliteit bestee die geld wat vir die bedoelde projek aan hom toevertrou is.”

By nog ‘n geleentheid het die munisipale- prestasie-toekennings, aangebied deur die Suid-Afrikaanse Eiendomseienaarsvereniging, Ratings Afrika en die Bankvereniging van Suid-Afrika, aangekondig dat die drie top-presterende munisipaliteite in Suid-

Afrika van die Wes-Kaap is.

Swartland en Saldanhabaai het die prys as die top-munisipaliteit in Suid-Afrika gedeel.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 13 November 2025
    Weslander E-Edition – 13 November 2025