Die Road Thunders-motorfietsklub het Paasfees vir talle mense in die Weskus spesiaal gemaak.Foto:


Lede van die Road Thunders-motor­fiets­klub van Saldanha het hul harte tydens die Paasnaweek oopgemaak.

Die klub het op Saterdag 8 April aan verskeie organisasies, insluitend die Vredenburg Provinsiale Hospitaal, plaaslike ouetehuise, kinderhuise in die gebied en die Eiland-huis vir gestremdes, paaseiers uitgedeel.

Sondag het die klub ook paaseiers by die Weskus Mall aan die publiek en kinders uitgedeel en almal ’n geseënde Paasfees toegewens.

Gert Venter, president van die Road Thunders-motorfietsklub, bedank graag die bestuur van Ipic Pick n Pay in Vredenburg, die bestuur van BP-vulstasie in Saldanha en alle motorfietsryers vir hul bydrae en skenkings wat die Paasnaweek vir talle spesiaal gemaak het. Venter sê die klub gee om vir die Weskus se gemeenskappe en dit was hul manier om dit te wys.

You need to be Logged In to leave a comment.