‘n De Doorns polisieman is gelukkig om te lewe nadat hy deur ‘n rower in die gesig geskiet is.


’n Bekende sakeman van Hopefield is Saterdagoggend 24 Februarie amper raakgeskiet deur ’n man wat skielik uit die bos nadergekom, op hom geskiet en toe weer net so vinnig uit sig verdwyn het.

Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n woordvoerder vir die Weskus-polisiedistrik, was die 53-jarige man omstreeks 08:15 in sy voertuig toe ’n onbekende man deur die bos nader aan die voertuig beweeg het, ’n skoot afgevuur en weer in die bosse verdwyn het.

Hoewel die slagoffer nie in die voorval gewond is nie, ondersoek die Hopefield-polisie ’n klagte van poging tot moord.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 10 July 2025
    Weslander E-Edition – 10 July 2025