Drawwers het minder as twee maande oor om voor te berei en in te skryf vir die Run West 2024-strandwedloop ter ondersteuning van Protect the West Coast (PTWC).
Die wedloop word Sondag 22 September beslis.
Verlede jaar se prettige 10 km- en 21 km-wedlope na Doringbaai het meer as R40 000 ingesamel en tot enorme bewusmaking vir PTWC gelei, wat saam met plaaslike gemeenskappe teen onwettige mynbou in die streek baklei.
Vanjaar se wedloop maak plek vir dubbeld soveel deelnemers as verlede jaar, met ’n belofte dat dit vanjaar veel groter en beter gaan wees.
Die makliker 10 km-wedloop begin in Strandfontein en eindig by die Fryer’s Cove Vineyards in Doringbaai.
Die 21 km-wedloop begin verder langs die kus naby die Olifantsriviermond en eindig ook by Fryer’s Cove.
Die sluitingsdatum vir inskrywings is Dinsdag 10 September.
Kampering is beskikbaar by die Strandfontein-kampeerterrein en verblyf by Fountain Beach en elders in die omgewing.
Vanjaar se geleentheid word deur die nasionale seereddingsinstituut (NSRI) en die Matzikama-munisipaliteit ondersteun en die borge is Namaqua Wines SA, Reduce Reuse Co en Cederberg Brewery.
Meer ondersteuning is egter welkom.
. Kontak info@runwest.co.za en miles@protectthewestcoast.org (PTWC) vir nog inligting of om as borge betrokke te raak.