Die boog moet net reg wees vir die bal om tot so na as moontlik aan die wit balletjie te rol. Foto: Lagoon-rolbalbaan

Die lede van spanne wat aan die Rolballiga vir sakeondernemings deelneem, begin nou hul peil van spel verhoog namate hulle al meer vernuftig raak.

Volgens Etienne Schut van die Lagoon- rolbalbaan in Langebaan is daar baie talent onder die spelers. “Van hulle moet dit ernstig oorweeg om dit as ‘n sport op te neem. Die bone fide-rolbalspelers staan soms verbaas om die vlak van vaardigheid te sien,” meen Schut.

Dinsdag-liga

PJ Toilets loop steeds voor met 12 punte en Eco Sport is ‘n kortkop agter met 10 punte. Magic Services is in die derde plek – ook met 10 punte, maar hulle het ‘n laer skootgemiddeld.

Donderdag-liga

Comtel het sy voorloper-status verloor en lê tans vyfde.

Headline Blinds het opgeskuif na die eerste plek met 11 punte, Rolling

Rebels is tweede met nege punte en Boesmanland-slaghuis is in die derde plek.

Schut het gesê die spanne raak nou gefokus en erg mededingend. “Na afloop van die aand se spel word ernstig beraadslaag en post mortems gehou.”

Die spanne geniet mekaar se geselskap en lag agterna oor foute wat begaan is en spog omtrent met goeie skote wat die wedstryd gewen het. “Die gees is goed, met baie gelag en geskerts.”

Met die groot verskeidenheid sakeondernemings wat deelneem, word boonop behoorlike netwerke opgebou.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 13 November 2025
    Weslander E-Edition – 13 November 2025