Hoërskool Hopefield het onlangs sy jaarlikse kleure-swemgala gehou.
Veral vanjaar se matrieks het die geleentheid Woensdag 5 Februarie geniet.
Die wenners van die dag was die goue span.
Beste senior presteerders was Henko Nieuwoudt (Blouspan) en Quizandri Mouton (Blouspan). Beste junior presteerders was Janco Britz (Goue span) en Nina Slabber (Goue span).
Henko Nieuwoudt (o.19) het twee rekords verbeter. Die vorige vlinderslagrekord van agt jaar het in die slag gebly.