Die pyl dui Hansing se erf in Yzervarkensrug, Saldanha, aan waar hulle hoop om binnekort te kan begin bou. Foto: Stephan Hamilton


Hansing Engineering het groot toekomsplanne wat ’n eie gebou op ’n perseel in Platinumstraat, Yzervarkensrug, insluit.

Dit is naby Duferco geleë en is net oorkant die pad van die grond wat vir die ontwikkelende IDZ (nywerheidsone) uitgelê is.

Volgens mede-eienaars en bestuurders, Eugene Petzer en Karien Terblanche, gaan die nuwe gebou vier keer groter wees as die huidige een, met groter en swaarder masjinerie. Daar gaan ook beter oorhoofse krane wees met voldoende kapasiteit om hul strawwe werkslading te kan hanteer.

Aan die een kant is die uitbreiding deel van hul doelwit om hulle vir die IDZ te posisioneer, en andersins het hul werksruimte bloot te klein geword.

Petzer en Terblanche hoop om binne die volgende 18 maande te kan begin bou.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 4 December 2025
    Weslander E-Edition – 4 December 2025

Gift this article