Die sterkstes van die sterkstes van oor die wêreld heen het Saterdag by die Transnet-Saldanha-stadion vir die Strongman Champions League (SCL) Africa byeengekom.
Dié sterkmankompetisie, wat oor twee dae in Saldanha en Kampsbaai plaasgevind het, het deelnemers van nege lande, waaronder vier spiertiere van Suid-Afrika, sien meeding om hul posisie op die wêreldranglys te verbeter.
Die kompetisie bestaan uit ’n reeks byeenkomste waar deelnemers aan verskeie items hul spierkrag op die proef stel om uiteindelik die sterkste man in die wêreld te bepaal.
Die eindronde van die kompetisie vind in twee dele op 8 en 9 November in Turkye plaas.
Rayno Nel van Suid-Afrika was in topvorm en het behoorlik sy staal gewys om as wenner van die naweek se Strongman Champions League Africa weg te stap.
Nel sal dus reeds die komende naweek aan die eindronde in Turkye deelneem.
. Die volledige uitslae:
1. Rayno Nel (SA; 56 punte)
2. Evans Nana (Ghana; 44 punte)
3. Adam Roszkowski (Pole; 42,5 punte)
4. Brian Kichton (VSA; 38 punte)
5. Kelin Mills (SA; 32 punte)
6. Patrick Eibel (Duitsland; 31,5 punte)
7. George Sulaiman (Nederland; 30,5 punte)
8. Kane Francis (VK; 28 punte)
9. Armand Goosen (SA; 27 punte)
10. Peter Juhasz (Hongarye; 22 punte)
11. Dean Shelley (SA; 17,5 punte)
12. Mberi Majaya David (Zambië; 15)