RAAF word beskryf as ‘n fees van musiek, lirieke, digkuns en energie wat jou lank ná die vertoning geïnspireer sal laat om vol en kleurvol te lewe.

Lourens en Esté RAAF doen die lewe anders – elke dag is ‘n avontuur; elke oomblik ‘n geleentheid.

Met dié vooruitsig bring hulle op Donderdag 21 Augustus die musiek van hul splinternuwe Prediker-album asook van die ou gunstelinge na Kapstadt Brauhaus in Langebaan.

RAAF is ‘n trots- Afrikaanse groep wat ook ‘n keur van Engelse liedjies sing. Hul repertorium sluit in blues, rock en ballades wat sterk emosies ontlok. Hul musiek verbind met mense oor verskillende tale en kulture heen, wat verseker dat daar iets vir almal is, ongeag hul ouderdom.

Kom klim op die RAAF-tuig vir ‘n reis van musiek wat jou gaan laat lag, huil en gewis gaan laat partytjie hou – ‘n musiekervaring wat jy nooit gaan vergeet nie. Die vertoning begin om 20:00 en kaartjiepryse begin by R190. Bespreek by quicket.co.za

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 18 December 2025
    Weslander E-Edition – 18 December 2025

Gift this article