Kom vier Prinro se 20ste bestaansjaar by ’n jolige feesmarkdag op 28 Mei.
Die feesvieringe gaan van 08:00 tot 16:00 by die Prinro-tak op Vredenburg, te Prosesstraat 33 plaasvind. Die gewilde Suid-Afrikaanse sangpaar, Chereé en Wynand Strydom, is die gaskunstenaars vir die dag en daar gaan ook lekker pryse te wen wees.
Kom snuffel rond by die stalletjies met lekker kos, boumateriaal en produkte.
Maak seker jy is vroeg by die mark om te verhoed dat jy groot winskope deur die vingers laat glip.