Hoërskool Porterville het Donderdag 3 Oktober sy jaarlikse prysuitdeling gehou.
Hierdie leerders is vir hul prestasies vereer: . Anlu Behm het met drie titels weggestap – hoërskoolleerder van die jaar vir 2019, beste akademiese prestasie van ’n leerder van gr. 7-12 en grootste kulturele bydrae in die hoërskool.. Anri van der Merwe is aangewys as die laerskool se Dux-leerder vir 2019.. Cornel de Villiers en Reinette van der Merwe is op hul beurt as vanjaar se Dux-leerders in die hoërskool aangewys.. Juan Liebenberg is as die beste seunsportpresteerder van die laerskool aangewys en het ook die titel vir die beste individuele laerskool-vertoning in atletiek verower.. Paula Viljoen is as die laerskoolleerder van die jaar aangewys. Sy het ook die titel vir sportprestasie vir die laerskoolmeisies ontvang. . Die beste sportprestasie vir hoërskoolseuns en -meisies het onderskeidelik aan Wim Treurnicht en Marli George gegaan.. Helanie van der Merwe is vir haar bydrae tot kultuursake vereer en het ook die prys vir die beste kulturele bydrae in die hoërskool ontvang.. Andrea Bester het die beste akademiese prestasie in gr. 12 vir die jaar verower.
Leerders wat volgende jaar op die VRL sal dien, is ook aangewys.
Die laerskool-VLR vir aanstaande jaar is Amanda Carstens (voorsitter), Mikayla Gordon, Luan Basson en MacGlasky Jordaan.
Die hoërskool-VRL vir 2020 is Paula Viljoen, Juan Liebenberg, Carli Constance, Whian du Plessis, David Stevens, Daniël Knoetzen, Wim Treurnicht, Stewart van Staden, Kara-Lee Faro, Liebe Treurnicht, Christien Loubser, Tacara du Bois, Lize Immelman, Marli George, Anri van der Merwe, Moni Immelman, Medalein Liebenberg, Paul Louw, Stefanie van der Merwe, Estelle du Toit, Helanie van der Merwe, Jacolien du Toit, Madrie Gouws en Amy-Jo Lottering. Francesca Olivier is hoofmeisie terwyl Lize Immelman onderhoofmeisie is.
Die hoofseun is Marshall Gouws en Janco van Zyl is die onderhoofseun.