Mense drom saam by Vredenburg se landdroshof terwyl die beskuldigde man in die kinderpornografiesaak, die hof binne gelei word.

Dawie Boonzaaier

Die plaaslike paartjie wat glo pornografiese foto’s van hul dogter (14) aan ‘n Amerikaner verkoop het, se borgaansoek sal Vrydag 3 Maart aangehoor word.

Dit kom ná Olivia Roberts, wat deur die staat aangestel is om die paartjie te verdedig, vroeër vandag  (Donderdag 23 Februarie) in die Vredenburgse landdroshof gesê het daar kan ‘n konflik van belang ontstaan as sy beide die man (48) en die vrou (34) verteenwoordig.

‘n Tweede regsverteenwoordiger is aangevra om die vrou te verteenwoordig. Dit is nog nie bekend wie die tweede regsverteenwoordiger sal wees nie.

Beide die man en vrou het in die beskuldigde bank gesnik in wat hul tweede hofverskyning was. Al het nie een van die twee enige vorige skuldigbevindings nie, het die regter beslis die saak het buitengewone omstandighede en dat die paartjie in aanhouding moet bly tot en met die borgaansoek.

Die vrou was die afgelope week in Saldanha aangehou, terwyl die man in Malmesbury-gevangenis aangehou word.

Hul is by die hof ondersteun deur ‘n klein groepe vriende en familie.

Die paartjie staar  tien seksuele klagtes in die gesig wat onder meer verkragting, die vervaardiging en verspreiding van kinderpornografie, seksuele aanranding, seksuele uitbuiting van ‘n kind en gedwonge verkragting insluit.

Lees meer in vandag se Weslander oor hoe die paartjie aangekeer is met die hulp van Amerikaanse owerhede, asook ‘n kenner se raad oor tekens van seksuele misbruik by kinders en hoe om dit te hanteer.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 10 July 2025
    Weslander E-Edition – 10 July 2025