Die gr. 9-, 10- en 11-leerders van Pomario Privaatskool het onlangs die gulde geleentheid gehad om verskillende beroepe in die dorp te verken en onderhoude te voer met mense in hierdie onderskeie beroepe.
Die leerders is in drie groepe verdeel, en elke groep het vier verskillende afsprake gehad.
Terug by die skool het elke groep die res vertel oor hul onderhoude en wat hulle geleer het. Die skool bedank die volgende mense wat hul werkplekke oopgestel en hul kennis en tyd met die leerders gedeel het:
Sean Klein – hoof van Cederberg Akademie
Roelf Hugo – eienaar van HB Besproeiing
Jeanne-Nicolette Murray – eienaar van Little Tulip Aesthetic Salon
Ds. Rudi van Vuuren – predikant by die NG kerk
Yves Blaauw – bestuurder van SPAR Citrusdal
Heinrich Greyling – rekenmeesterklerk by Roelof Oosthuizen Ingelyf
Lt.kol. Ackeer – stasiebevelvoerder by die Citrusdal-polisie
Dr. Jordan Blaker – algemene praktisyn
Deidre Cooper – bestuurder van Ons Huis (ouetehuis)
Elmarie Gelderblom – hoof van die kleuterskool by Pomario
Hanlie Jordaan – fisioterapeut
Suné Bronkhorst – maatskaplike werker en bestuurder van Aan d’ Oewer-gastehuis