Polisieman wat jonge glo aanrand, kry borgtog

Borgtog is toegestaan aan ’n polisiebeampte van Lutzville wat van die aanranding van ’n dertienjarige seun verdink word.


Borgtog is toegestaan aan ’n polisiebeampte van Lutzville wat van die aanranding van ’n dertienjarige seun verdink word.

Lizzy Suping, ’n woordvoerder vir die Onafhanklike Polisie-ondersoek­direktoraat (Opod), het bevestig dat konst. Jaco Justin Oktober van die Lutzville-polisie se speurtak op borgtog van R2 000 vrygelaat is.

Oktober het na bewering die kind aangerand deur hom met ’n sambok in die gesig, op die rug en oor die bene te slaan nadat die klaer vir diefstal in hegtenis geneem is.

Die voorval is by Opod aangemeld en Oktober is op Vrydag (18 Oktober) in hegtenis geneem. Hy het Maandag in die Lutzville-landdroshof verskyn en die saak is tot Dinsdag 29 Oktober vir verdere ondersoek uitgestel.

Een van Oktober se borgtogvoorwaardes is dat hy nie in die Lutzville-omgewing mag kom totdat die saak afgehandel is nie, behalwe wanneer hy die hofverrigtinge bywoon.

You need to be Logged In to leave a comment.