’n Polisiekonstabel van Piketberg is die afgelope naweek vir die beweerde aanranding van sy meisie in hegtenis geneem.
Konst. Adam Pieters (35) het op Maandag 23 September in die Piketberg-landdroshof verskyn nadat hy sy dertigjarige meisie, wat ook die ma van sy drie seuns is, na bewering op Sondagoggend 22 September aangerand het.
Pieters het verskyn op aanklagte van aanranding binne gesinsverband. Hy verskyn weer op Vrydag 27 September in die hof en sal na verwagting dan aansoek doen om borgtog.