Podiumpret is al ’n huishoudelike naam in die Paarl – en sinoniem met Sprekervaardighede, wat redenaars en lesers insluit.
Toe die virus die slegte nuus met hom saambring dat die eindronde van die Sprekervaardighede- en leeskompetisies nie vanjaar in Paarl kan plaasvind nie, het die organiseerders van Podiumpret onmiddellik ’n ander plan beraam om oogkontak te maak.
Hulle het ’n ambassadeurskamp gereël wat van Sondag 6 Desember tot Vrydag 11 Desember 2020 plaasgevind het.
’n Span van 10, wat sewe sprekers, twee fasiliteerders en een permanente toesighouer bevat het, het by die Middelplaas Paarl-gasteplaas aangemeld.
Leerders van verskeie skole het deelgeneem, onder wie Liam Veldman van die Laerskool Saldanha.