Die vakansie is hier en saam met die huidige inperking is die kleinspan rusteloos. Weslanderhet van die vakansiepret aangepas en deel ’n paar wenke vir ouers én kinders om besig te bly. .Indien jy bekommerd is die kinders kry nie genoeg oefening met die inperking nie, stel ’n hindernisbaan op. Gebruik kussings, speelgoed en ander alledaagse artikels om ’n baan te maak waar die kinders kan hop, hardloop en deurkruip.. Begin in die kombuis en kry die kinders om te help. In plaas daarvan om gemorskos te eet, laat die kleinspan help om gesonde happies en geregte voor te berei. Bak-en-brou-aktiwiteite moet volgens kinders se ouderdom aangepas word. Kleiner kinders kan basiese take soos meng, roer en koekdrukkers gebruik. Die internet is vol flink, skeppende en maklike kosidees en moenie vergeet om na Weslander se resepteblad te loer nie..Maak iets skeppends. Gee kinders se hande werk deur skeppende projekte aan te pak. Kry kryt, kleurpenne en papier en maak versierings. Vat ou klere en gee hulle nuwe lewe met kleursel – wat sommer in die agterplaas gedoen kan word. Maklike projekte om aan te pak, is produkte soos boekmerke, papierblomme en juweeltjies met krale. Papier-maché is ook altyd ’n wenner en ’n goeie manier om jou ou Weslander te herwin. Handewerk kan ook as geskenke uitgedeel word. Die projekte sal die kinders se oë weg van hul skerms kry.. Skryf briewe vir jou maatjies. In die tyd van inperking is kuiers by vriende en familie nie moontlik nie, maar dit beteken nie kommunikasie moet stop nie. Maak kaartjies en skryf briewe vir oupa en ouma of skoolmaatjies.. Hou ’n selfsorg-dag. Goeie higiëne is noodsaaklik om die verspreiding van Covid-19 te bekamp, maar dit beteken nie dit kan nie prettig wees nie. Maak tuisgemaakte badprodukte en ’n paar selfsorg-maskers met eenvoudige bestanddele vanuit die kombuis soos hawermout, heuning en growwe sout.. As deel van die selfsorg-dag begin met joga of meditasie. Om kalm te bly en oefening te kry, is twee van die moeilikste dinge in die onsekere tye, maar om die gewoonte van joga en meditasie aan te leer, is goed vir die groot- en kleinspan. Gelowiges kan hierdie tyd gebruik om met hul kinders oor hul geloof te praat of om saam te bid.. Met so baie ure by die huis is daar tyd om ’n storie of selfs ’n toneelstuk te skep. Voer dit op – of dit met die gesin is wat as akteurs optree of ’n poppekas. ’n Talent-kompetisie werk ook goed, maar maak nie saak watter soort opvoering dit is nie, moenie vergeet om kostuums aan te trek nie!. Stof daardie ou legkaarte en bordspeletjies af. Dit is ’n maklike manier om die hele gesin ure lank besig te hou. Vorm spanne en kyk wie die beste saamwerk – aktiwiteite wat die gesin saam kan besig hou, is altyd ’n wenner.
Planne as jy met Jan Tuisbly se karretjie ry
Die vakansie is hier en saam met die huidige inperking is die kleinspan rusteloos. Weslander het van die vakansiepret aangepas en deel ’n paar wenke vir ouers én kinders om besig te bly. . Indien jy bekommerd is die kinders kry nie genoeg oefening me
Share this post:
