Plaaslike leerders neem internasionaal deel

Leerders van Diazville Primêr het onlangs aan die vierde internasionale aanlyn wiskundekompetisie deelgeneem. Altesaam 39 leerders het sertifikate vir hul deelname in die kompetisie verwerf.


Leerders van Diazville Primêr het onlangs aan die vierde internasionale aanlyn wiskundekompetisie deelgeneem. Altesaam 39 leerders het sertifikate vir hul deelname in die kompetisie verwerf.

Die kompetisie word deur Dragonlearn in samewerking met Bricsmath.com aangebied en sluit sewe lande in, waaronder Brasilië, Rusland, Indië, China, Indonesië, Viëtnam en Suid-Afrika.

Ken-Lee Esau en Jason de Klerk het elk ’n wensertifikaat ontvang. Amber Cleophas, Davine de Bruyn, Jaydean Farmer, Lemeaka Cloete, Lorenzo Theunissen en Neriskia Watermeyer het ’n sertifikaat vir prestasie ontvang, en die ander leerders het elk ’n sertifikaat vir deelname ontvang.

Die skool is baie trots op hul prestasies en hoop van harte dat hulle ook hierdie jaar aan die vyfde internasionale aanlyn kompetisie gaan deelneem.

Die skool wil ook graag Shanelle Cloete van Waltons Vredenburg bedank vir die druk van die leerders se sertifikate.

“Dit het hulle baie goed laat voel en aangemoedig om beter in die klas te vaar, want daarsonder sou hulle slegs ’n elektroniese sertifikaat as bewys van hul prestasie ontvang het.”

You need to be Logged In to leave a comment.