Die verdagte in die moord op Gerswin Rabie (17) het verlede Vrydag (10  Oktober) in die Vredenburg-landdroshof verskyn.

Rabie is ses maaande gelede – op Sondag 20 April vanjaar – met ‘n mes doodgesteek. Die voorval het plaasgevind ná ‘n partytjie wat Gerswin en sy aanvaller bygewoon het.

Soos sy ma, Rolien Vermeulen, vroeër aan Weslander verduidelik het (“Ma se vrees oor seun word waar”, Weslander, Donderdag 24 April), het haar seun ‘n mondigwordingspartytjie bygewoon, waar hy nie gemaklik was met die manier waarop sy vermeende aanvaller met een van die gaste by die partytjie gepraat het nie. Wat sy dood selfs nog moei-liker maak, is die feit dat hy enkele ure voor sy aanneming Sondagoggend vermoor is.

Vir Vermeulen was dit ‘n sinnelose aksie wat haar kind se lewe geëis het. “My kind het niks aan hom gedoen nie; dit was nie nodig om hom dood te maak nie.”

Vermeulen het ‘n petisie op Change.org ter onder- steuning van geregtigheid vir haar seun begin. Sy kry tans baie ondersteuning en doen ‘n beroep op die gemeenskap, diegene wat hom ken en selfs nie ken nie, om hulle ​​in hierdie stryd om geregtigheid saam met hulle te staan.

“Die aanvaller moet aanspreeklik gehou word. Hy moenie vry wees om meer lewens te bedreig of sonder gevolge te loop nie. Laat ons saam verseker dat hierdie moordenaar voor die reg gebring word en dat geen ander familie ly soos ons nie.”

Die saak is tot 20 Januarie 2026 uitgestel.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 13 November 2025
    Weslander E-Edition – 13 November 2025