Die paneel vir verlede week se gesprek oor persvryheid by die Suidoosterfees het bestaan uit die ervare joernaliste Caryn Dolley, Pieter-Louis Myburgh, Karyn Maughan en Jana van der Merwe, en is gelei deur Netwerk24 se Mia Spies. Foto: Rasaad Adams

Rasaad Adams

Nie net is dit ‘n bedreiging vir enige land se demokratiese beginsels nie, maar dit wek oor groot kommer wanneer joernaliste – wat die maatskaplike verantwoordelikheid aanvaar het om leiers aanspreeklik te hou – deur

hierdie einste mense in magsposisies geïntimideer en in sommige gevalle deur die land se howe vervolg word.

Dit was verlede week die kollektiewe boodskap deur ‘n paneel gesoute ondersoekende joernaliste op ‘n gesprek by die Suidoosterfees in Kaapstad in aanloop tot Wêreldpersvryheidsdag, wat die afgelope Saterdag (3 Mei) gevier is.

Die paneel het bestaan uit die ervare joernaliste Caryn Dolley, Pieter-Louis Myburgh, Karyn Maughan en Jana van der Merwe en is gelei deur Mia Spies van Netwerk24.

Hoewel hulle almal vir verskeie publi-

kasies skryf, het hulle een ding in gemeen – dit is dat hulle almal deurgeloop het vir hul verslaggewing oor beweerde ongerymdhede wat deur hoëprofiel-figure gepleeg is.

Caryn Dolley, ‘n ondersoekende joernalis by die Daily Maverick, het op haar beurt gepraat oor die doodsdreigemente wat sy oor die jare vir haar berrigewing oor die onderwêreld ontvang het.

Dolley is die skrywer van die boek Clash of the Cartels, wat fokus op die internasionale dwelmhandel en georganiseerde misdaadnetwerke wat Suid-Afrika as ‘n belangrike spilpunt gebruik.

Daarin ontbloot sy hoe verskeie internasionale kartelle – insluitend die Mexikaanse, Colombiaanse, Europese en plaaslike bendes soos die 28’s – met mekaar meeding en soms saamwerk om beheer oor dwelmroetes, hawens en die Suid-Afrikaanse mark te verkry.

“Hoe meer mense jy mee praat, hoe meer besef jy dat georganiseerde misdaadnetwerke oral is. Niemand vertrou mekaar meer nie.

“Vir my gaan dit dus nie net oor my veiligheid as joernalis nie, maar ook oor hoe misdaad op feitlik al ons stelsels inbreuk maak,” sê sy.

Myburgh, die skrywer van die boek Gangster State: Unravelling Ace Maga-

shule’s Web of Capture, het klem gelê op hoe moeilik dit deesdae geraak het vir joernaliste om inligting vir ondersoekende joernalistieke doeleindes in die hande te kry.

“Oor die algemeen ervaar ons ‘n

probleem met departementele woordvoer-

ders wat eenvoudig nie op medianavrae reageer of vrae behoorlik beantwoord nie. Hoewel die media grondwetlik geregtig is op antwoorde, gaan dit eintlik vir my maar meer oor die feit dat die publiek behoort te weet wat met hul belastinggeld gebeur.

“Ander die ander kant het ondersoe-

kende joernalistiek ‘n baie duur praktyk geword. Ons moet dikwels ‘n klomp geld aan regsfirmas betaal om inligting deur die howe te bekom,” sê hy.

Maughan het op haar beurt vertel hoe sy en adv. Billy Downer in 2022 deur oud-

president Jacob Zuma privaat vervolg is en “soos misdadigers” in die hooggeregshof in Pietermaritzburg moes verskyn.

Zuma het destyds beweer Downer het vertroulike mediese inligting oor hom, wat in hofdokumente vervat was, met Maughan gedeel.

“Dit was ‘n emosionele proses, en ek dink dis veral harder vir vroue. Dit was een van daardie sake wat weer eens bewys het hoe diegene in magsposisies en met geld dit kan gebruik om joernaliste tot stilte te dwing.”

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 27 November 2025
    Weslander E-Edition – 27 November 2025

Gift this article