Die derde Mnr. en Mej. Paternoster- kompetisie het verlede Saterdag (18 Oktober) by Die Koelkamers in Paternoster plaasgevind.
Gaynor Pieters, die stigter van die Good Heart Foundation, wat die kompetisie aanbied, sê die dag het hul verwagtinge oorskry met sowat 130 gaste wat dit bygewoon het.
“Mense het voor die deur in die ry gestaan op soek na nog kaartjies en alles was reeds uitverkoop. Die gemeenskap, ouers en deelnemers was baie opgewonde om die vertoning te sien begin. Die senuwees en emosies het dik geloop, maar toe die kinders uitstap, het hulle ons as die aanbieders, die gemeenskap, borge en hulself so trots gemaak. Ek kan nie die hoeveelheid vreugde en geluk wat daai kinders uitgespreek het, beskryf nie.”
Pieters meen Die Koelkamers het uit sy pad gegaan om die gemeenskap en ouers welkom te laat voel. “Ons doel was om hierdie pragtige jongmense hul uiterlike en innerlike skoonheid te laat wys, maar ook om hulle die meeste pret te gee wat hulle kan bied, terwyl ons waardes en selfliefde in hulle kweek.
“Hierdie skoonhede het ons absoluut trots gemaak; elkeen van hulle het ver- ander om hulself innerlik te verbeter. Die selfliefde, selfwaarde en skoonheid het net van binne geskyn en ons het ons doelwitte bereik.”
Abednego van Wyk is as Mnr. Paternoster aangewys en Amké Pheiffer as Mej. Paternoster én Mej. Good Heart Foundation.
Die ander wenners was:
• Mnr. Paternoster: Abednego van Wyk (wenner), Ewynn Pieters (naaswenner) en Aluta Mase (derde).
• Mej. Paternoster: Amké Pheiffer (wenner), Merneave Basson (naaswenner) en Inam Magazi (derde).
• Mej. Pre-tiener: Neelah Walters (wenner), Paisley Carolus (naaswenner) en Ugene Cloete (derde).
• Mnr. Paternoster-tiener: Miguel
Pieterson (wenner), Roswin Swarts (naaswenner) en Morton Bester (derde).
• Mej. Paternoster-tiener: Amnity Boni (wenner), Taneisha Engelbrecth (naas- wenner) en Garyshia de Kock (derde).
• Mnr. Persoonlikheid en Mnr. Good Heart Foundation: Aden McClean
• Mej. Persoonlikheid: Tatum Pieters is as is dié afdeling se gekroon.












You must be logged in to post a comment.