Pontius, vertolk deur Elton Lesch, en die rol van Jesus, vertolk deur Marquin Mitchells, saam met Gugulethu Kuze, wat die rol van ’n soldaat vertolk.Foto:


As deel van Goeie Vrydag wat op Vrydag 29 Maart plaasgevind het, het Weskuns, ’n organisasie sonder winsbejag, sy heel eerste openbare Passiespel opgevoer.

Volgens Elton Lesch, wat die regie behartig het, was die Passiespel ’n reusesukses. Die Saldanha Cultural Village op Hoedjieskop in Saldanha was die ideale plek om die gehoor terug te neem na die kruisgebeure, vertel Lesch.

Met meer as 60 mense wat dit bygewoon het, was dit die perfekte geleentheid om herinner te word aan wat Jesus vir ons gedoen het.

“Die akteurs het bestaan uit belangstellendes uit die publiek, wat meestal nog nooit op die verhoog was nie. Die rol van Jesus is meesterlik vertolk deur Marquin Mitchells van Vredenburg,” voeg Lesch by.

Vir Lesch is die produksie belangrik omdat die kruis nie net gaan oor Jesus wat gekruisig is nie, maar die feit dat ons as mens moet onthou dat Hy opgestaan het.

“Dis waar ons lewe begin. Hy het daardeur gegaan sodat ons kan leef. Uit ’n kunsoogpunt ook wil ons geleenthede in die Weskus vestig waarna mense kan kom wanneer hulle in vakansietye in die Weskus is. Terselfdertyd wil ons kuns in sy geheel ontwikkel, want dit is die missie wat God my gegee het,” sê Lesch.

Lesch voeg by dat die produksie ’n jaarlikse instelling gaan word en daar is reeds planne in werking vir volgende jaar.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 10 July 2025
    Weslander E-Edition – 10 July 2025