Pasop vir WhatsApp-slenter

Bedrieërs raak al slimmer met vier verskillende Saldanhabaaiers wat met dieselfde skelmstreek gevang is. Hulle was onder die indruk dat hulle op WhatsApp besig was om met ’n kollega te kommunikeer.


Bedrieërs raak al slimmer met vier verskillende Saldanhabaaiers wat met dieselfde skelmstreek gevang is. Hulle was onder die indruk dat hulle op WhatsApp besig was om met ’n kollega te kommunikeer.

Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n woordvoerder van die Weskus-polisie, was die vreemdeling aan die ander kant ’n skelm.

“Die oortreder in al vier gevalle het presies dieselfde modus operandi gehad,” het sy gesê oor die sake van bedrog wat nou ondersoek word.

Drie van die sake het op Donderdag 29 Augustus plaasgevind en die vierde op Maandag 2 September. Al vier die klaers beweer dat hulle WhatsApp-boodskappe gekry het van iemand wat wil “geld leen”. Al die klaers – wat glad nie by dieselfde maatskappye werk nie – het gereken dit is ’n kollega wat die boodskappe stuur en het tussen R1 000 en R1 500 aan die sogenaamde kollega betaal. Hulle het later by hul werklike kollegas verneem dat die boodskappe nié van hulle af gekom het nie.

Helfrich raai mense aan om hulself te beskerm en geen geld blindelings aan enigiemand te betaal nie. “Niemand is verplig om geld aan iemand te leen nie.”

In dieselfde asem waarsku sy ook die publiek teen die aflê van vals verklarings, want ’n klagte van meineed kan teen só iemand aangemeld word.

You need to be Logged In to leave a comment.