Dié motorfiets is in die Paarl gesteel, maar aan ‘n Weskusser as “wettig” verkoop. Foto: SAPD

Dié motorfiets is “te koop” op sosiale media geadverteer, maar inderwaarheid is die motorfiets in die Paarl as gesteel aangemeld.

Kapt. Tania Helfrich, ‘n woordvoerder vir die Weskus-polisiedistrik, waarsku Weskussers opnuut om uiters versigtig te wees wanneer hulle goedere via sosiale media aankoop.

In dié geval het die voornemende koper die koopprys oorbetaal en die motorfiets gekry – net om uit te vind dat dit gesteel is.

“Mense moet deeglik ondersoek doen na artikels wat te koop geadverteer word. Moet in geen omstandighede blindelings vertrou en geld oorbetaal voordat jy die artikel gesien het nie.

In dieselfde asem waarsku Helfrich ook lesers om uiters waaksaam te wees oor sogenaamde beleggings wat op sosiale media geadverteer word. Jy kan dalk – soos talle ander gevalle – geen dividende of rente [of selfs jou belegging] terugkry nie,” waarsku sy.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 27 November 2025
    Weslander E-Edition – 27 November 2025

Gift this article