Oud-Velddriwwer leef in Afrikaans

’n Jong man van Velddrif meen ’n moeilike agtergrond moet eerder ’n dryfveer vir sukses wees en nie as ’n struikelblok gesien word nie.


’n Jong man van Velddrif meen ’n moeilike agtergrond moet eerder ’n dryfveer vir sukses wees en nie as ’n struikelblok gesien word nie.

Junie is Jeugmaand en René Arendse van Afrikaans.com het besluit om met William Sezoe te gesels aangesien dié tiener ’n werklike verskil in sy gemeenskap maak.

William het in die Weskusdorpie Velddrif grootgeword, maar is deesdae ’n matrikulant in die Paarl.

Hy is ook ’n taalaktivis wat ten doel het om ander jongmense te motiveer om die lewe met woema aan te pak.

Dié energieke jongman is onder meer die voorsitter van die ATKV-Jeugtak by sy skool asook ’n vervaardiger en medeaanbieder van die program “Afrikaans is tops” by sy plaaslike gemeenskapsradio, Radio KC, op 107.7 FM.

“Baie mense sal sê jy is nie goed genoeg nie, maar ek sê altyd jy moet juis jou omstandighede jou laat dryf om die beste jy te wees!” sê die gebore Veldriwwer.

“Want dit weet ek gewis – die lewe is nie altyd maklik nie. Maar al gaan dit hoe moeilik, moenie dat jou omstandighede bepaal wie jy is nie,” sê William.Dink jy jongmense se waarde word onderskat of oorskat?

“Ons jongmense word absoluut onderskat,” sê hy driftig. “Baie [mense] het die siening dat ons naïef is oor die lewe en die res van die wêreld, maar dit is nie waar nie. Ons het passie en kennis – veral ten opsigte van ons taal.

“Ons ATKV-jeugtak getuig hiervan!” sê hy.Wat beteken sukses vir jou?

“Vir my het sukses nie baie te doen met geld nie. Vir my is sukses wanneer jy in samesyn met jou familie kan wees, kan saam eet en gesels en ook lekker kan skinder – skinder oor goeie goed, natuurlik!”Een woord om jouself te beskryf.

“Vreesloos!”Wat is van die snaaksste byname wat jy al genoem is?

“Weetbix en Pastoor.”Waar is jy op jou gelukkigste?

“Agter ’n mikrofoon.”’n Paar kitsfeite:

Koek of pizza? “Pizza”

Boek of fliek? “Fliek”

Hip-hop of rap? “Rap”

Instagram of Facebook? “Facebook”

Winter of somer? “Winter”

You need to be Logged In to leave a comment.