Valued Citizens Initiative leer onderwysers om hulself na waarde te skat sodat hulle die leerders ook met waarde, empatie en respek kan hanteer.
’n Spoggeleentheid wat op 19 Februarie by die Laerskool Masiphathisane in Vredenburg gehou is, is deur talle plaaslike onderwysers van verskillende Weskusskole bygewoon. Dié onderwysers het Valued Citizens Initiative se opleiding voltooi, eksamens geslaag en bevoegdheidsertifikate ontvang.
Valued Citizens Initiative tree in vennootskap met Aurora Windpower (die West Coast One-windplaas buite Vredenburg) op.
Cliffie Vraagom, hoof van Hoërskool Diazville, en Donny Jacobs, hoof van Jurie Hayes Primêr, sê hulle is baie beïndruk met die positiewe verskil wat hulle opmerk by hul personeel, veral wat kommunikasie betref.
Die hoofde sê ook dat die positiewe gesindheid van die onderwysers na die leerders begin oorspoel. Die opleiding word sterk aanbeveel.