Die provinsiale staande komitee oor ekonomiese geleenthede, toerisme en landbou is Dinsdag 1 Maart by Dial Rock, Saldanha vir ’n openbare verhoor.
Die komitee sal die wetsontwerp op die Saldanhabaai Nywerheidsontwikkelingsone (IDZ) Lisensiëringsmaatskappy tydens die openbare verhoor oorweeg.
’n Tweede openbare verhoor word op 2 Maart in Kaapstad gehou. Albei begin om 09:00.
Die doel van die wetsontwerp is om die werking van die Saldanhabaai Nywerheidsontwikkelingsone Lisensiëringsmaatskappy te reël asook om voorsiening te maak vir die aandeelhouding deur die Wes-Kaapse regering in die lisensiëringsmaatskappy; om voorsiening te maak vir die oogmerke, werksaamhede en bestuur van die lisensiëringsmaatskappy en om voorsiening te maak vir aangeleenthede wat daarmee in verband staan.
Belangstellende persone en organisasies word aangemoedig om die openbare verhore by te woon en daaraan deel te neem en om skriftelike insette oor die wetsontwerp aan die staande komitee vir oorweging voor te lê. Dui asseblief vooraf aan indien ’n mondelinge aanbieding oor die voorlegging gemaak sal word.
Skriftelike voorleggings moet die komiteekoördineerder, Zaheedah Adams, bereik teen nie later nie as 29 Februarie.
Elektroniese afskrifte van die wetsontwerp sal op die Wes-Kaapse provinsiale parlement se webtuiste (www.wcpp.gov.za) beskikbaar wees.
Bewys van identiteit (identiteitsdokument of rybewys) word vereis om toegang tot die provinsiale wetgewer-gebou te verkry.
Vir meer inligting oor die openbaredeelnameproses ter voorbereiding vir hierdie openbare verhore, kontak Chris Ferndale, bestuurder: openbare opvoeding en uitreik, by 021 487 1695, faks: 021 487 1697, e-pos: cferndale@wcpp. gov.za.